Die Doel van JOOL Veiligheid

JOOL is ’n heerlike tyd vir almal, van die deelnemers tot die organiseerders en die publiek. Die doel van JOOL Veiligheid is nie om hierdie pret te demp nie, maar eerder om koshuispare te help om veiligheid van alle fasette van JOOL op te skerp om sodoende ernstige beserings te voorkom.

Maar goeie veiligheid word ook met punte beloon. Die veiligheidskomitee beoordeel alle aspekte van ’n koshuispaar se aktiwiteite gedurende die week, en ken punte toe op grond van die veiligheidsmaatreëls wat in plek gestel is. Wees dus kreatief, en vind nuwe en unike maniere om veiligheid te bevorder.

Die punte vir JOOL Veiligheid word deur die JOOL-komitee gebruik om die algehele wenners te bepaal, en bied ook koshuise die kans om die Veiligheidstrofee te wen.

Wie is die Komitee

Die JOOL Veiligheidskomitee bestaan uit tien studente vanaf die Fakulteit Ingenieurswese.

Bestuur van die komitee berus op die Ingenieurs Studente Raad, wat in samewerking met USBD, veiligheid gedurende die JOOL tydperk probeer bevorder.

Veiligheid is ’n baie wye en omvattende veld. Die hoof taak van die komitee is om u by te staan. Kontak gerus die voorsitter, of onder-voorsitter, indien daar ooit iets is waaroor u twyfel of oor advies benodig.

Voorsitter: Juané Brits | 15037347@sun.ac.za

Onder-Voorsitter: Pieter Oosthuizen | 13707965@sun.ac.za

Die JOOL Veiligheidsgids

Alle inligting vir JOOL veiligheid is beskikbaar in die JOOL Veiligheidsgids.

Die gids is geskryf as ’n handleiding vir JOOL veiligheid. Dit is so geskryf dat enige persoon, ongeag of dit hulle eerste jaar as organiseerder is en of hulle nou al ’n ou hand is daarin, dit as ’n gids en handleiding kan gebruik vir alle fasette van JOOL.